Clara Schumann

Clara Schumann
Litograaf deur Andreas Staub, 1839
Gebore
Clara Josephine Wieck

(1819-09-13)13 September 1819
Leipzig, Koninkryk Saksen, Duitse Konfederasie
Sterf20 Mei 1896 (op 76)
Beroep
  • Pianis
  • Komponis
  • Klavieronderwyseres
OrganisasieHoch Konsevatorium
EggenootRobert Schumann (trou 1840; sterfte 1856)
Kinders8, insluitende Eugenie Schumann
Ouers
  • Friedrich Wieck (vader)
  • Mariane Bargiel (moeder)
Handtekening

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Clara Josephine Schumann (née Wieck; 13 September 181920 Mei 1896) was 'n Duitse pianis, komponis en klavieronderwyseres. Sy word beskou as een van die beste pianiste van die Romantiese era. Sy het stukke vir soloklavier, 'n klavierconcerto (Opus 7), kamermusiek, koorstukke en liedere gekomponeer.

Sy het grootgeword in Leipzig waar beide haar vader, Friedrich Wieck, en haar moeder Mariane Bargiel, pianiste en klavieronderwysers was. Haar moeder was ook 'n sanger. Clara was 'n wonderkind en is opgelei deur haar vader. Sy het op 11-jarige ouderdom begin toer, en was suksesvol in Parys en Wene en ander stede. Sy is na 'n uitgerekte stryd uiteindelik getroud met Robert Schumann, saam met wie sy agt kinders gehad het. Sy en Schumann het vir Brahms aangespoor en 'n noue verhouding met hom gehad. Sy het verskeie premières van haar man en Brahms se werke opgevoer.

Na Robert Schumann se vroeë dood het sy voortgegaan om konserte regoor Europa te gee, en sy het dikwels saam met die violis Joseph Joachim en ander kamermusici opgetree. Sy was 'n invloedryke klavierpedagoog aan die Hoch Konservatorium in Frankfurt. Sy het Robert se werke geredigeer. Sy is oorlede in Frankfurt, maar is ingevolge haar eie versoek langs haar man in Bonn begrawe.

Haar lewe is die onderwerp van verskeie rolprente soos Träumerei (Drome) van 1944. 'n Rolprent uit 2008 getiteld Geliebte Clara is geregisseer deur Helma Sanders-Brahms. 'n Beeld van Clara Schumann ná 'n 1835 litograaf deur Andreas Staub het van 1989 tot 2002 op die 100 Duitse Mark banknoot gepryk. Aan die einde van die twintigste eeu het belangstelling in haar werk herleef, en die 200ste herdenking van haar geboorte in 2019 het aanleiding gegee tot nuwe boeke oor haar lewe en verskeie uitstallings.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search